top of page

PERDRY

Ons ruitersport groei elke jaar.Ons is al meer as 13 ruiters wat aan verskillende SANESA skoleliga en ander graderingskompetisies deelneem.

 

Ouderdomme en groepe: Enige gr. 1 tot 7 leerder wat reeds by ‘n perdeskool geregistreer is en aan skoue deelneem.  Baie van ons leerders is by Cornerstone Equestrian Centre, asook Silver Oaks Equestrian Centre. 

 

Kwartale: Perdry vind plaas deur die hele jaar. 

 

Oefeninge en afrigting: Na ure, privaatafrigting.

 

Kompetisies:

 

Qualifiers vir Core League, Eventing, Stadium Eventing, Core League Regional Championship, Core League National Championship, Eventing National Championship en Stadium Eventing National Championship.

 

Graderingskompetisies sluit in: SASJ Championship, Penbritte, Fourways, Easter Festival, Autumn Gold Cup, KPC Festival Show, KPC Post Derby, Western Shoppe Gauteng Championship, FEI Jumping Children’s Classics, Shongweni Highway Festival en Maple Ridge Youth Extravaganza. Van ons ruiters het ook aan Horse of the Year en verskeie ander opleidingskoue (training shows) deelgeneem.

 

Ons ruiters neem deel in verskillende afdelings (dissiplines), asook ruiter-perd kombinasies. 

 

Die junior Ruiter van die Jaar toekenning gaan aan die leerder wat die meeste SANESA punte verdien het per ruiter-perd kombinasie. Indien daar meer as een leerder is wat dieselfde hoeveelheid SANESA punte verdien, sal die toekenning gedeel word.

 

Die senior Ruiter van die Jaar gaan aan die leerder wat die meeste SANESA punte verdien het.Indien daar meer as een ruiter dieselfde hoeveelheid SANESA punte verdien het, sal die o.13 ruiter voorkeur kry.

 

Prestasies:

Laerskool Wierdapark is reeds die afgelope twee jaar as kategoriewenners (kategorie F), asook distrikswenners aangewys.

 

In die SANESA Nasionale Finaal het ons altesaam 2 x 1e , 4 x 2e en 1 x 3e plekke verower.

Perdry8.jpg
Perdry7.jpg
Perdry10.jpg
Perdry6.jpg
Carin (2).jpg
Organiseerder:
Carin Rademeyer
carinr@wierdas.co.za

Skool Is Lekker!

bottom of page