top of page
AnnatjieF_IMG_1095.JPG
Hier by Laerskool Wierdapark vestig ons ‘n stewige musiektradisie.  Die Juniorkoor bestaan uit Graad 1 tot 3 leerders. Tydens  kooroefeninge word aandag gegee aan: Stembou, gehoorontwikkeling
musiekwaardering, verhoogetiket, Koordissipline, aanbieding.

 

Kwartale: 

Maandae en Woensdae is ons kultuurdae waar daar hard geoefen word, regdeur die jaar.

 

Oefeninge/ Afrigting: 

Daar word gewerk aan stembou, gehoorontwikkeling asook musiekwaardering. Ons oefentye is regdeur die jaar:

        Maandae:  14:15  tot 15:15

        Woensdae: 13:30  tot 14:30

 

Kompetisies: 

Die Geelbekkies sing graag by koorfeeste,  versorgingsentrums en kerke.  Deur die jaar neem ons ook deel aan kompetisies

soos: Kunswedstryde,  Super 12 asook die ATKV se Applous.

 

Oudisies:

Elke jaar word ousisies gehou vir Graad 1, 2 en 3 leerders.  Daar word geluister na die intonasie  van stemmetjies.  80 leerders word dan gekeur om in die koor te sing.  

 

Prestasies :

In 2021 het ons ‘n goue toekenning ontvang by die ATKV Applous kompetisie.  Ons koor het ook deelgeneem aan Sing in Harmonie kompetisie wat oor die TV kanaal VIA gebeeldsend is.  Ons koor  is aangewys as een van die kore wat deurgegaan het na die finale.  In 2019 het ons ‘n Cum Laude toekenning ontvang  by die Super 12 – kompetisie.  

 
 

 
 
 
 
 
 
Kontak: Annatjie Fourie
annatjief@wierdas.co.za
Picture2.jpg

JUNIOR KOOR - GEELBEKKIES

IMG-20190804-WA0036.jpg
bottom of page