top of page

MEDIA SENTRUM

Laerskool Wierdapark is een van die min skole wat nog ‘n mediasentrum het.  Ons media word gereeld aangevul en op standaard gehou. 
Ons spog met ‘n wye versameling fiksie, sowel as nie-fiksie boeke en gewilde tydskrifte soos National Geographic for Kids, Minimag en Barbie.  Daar word elke jaar medialeiers aangestel wat die jonger leerders ‘n bietjie touwys maak en wat die onderwysers ondersteun met mediapligte.
 
Tye:         Maandag, Dinsdag en Donderdag gedurende pouse
                 Elke Dinsdag, Woensdag en Donderdagmiddag tot 14:15
 
Graad 1 en 2 leerders neem boeke uit in hul juffrou se klas.  Die onderwysers neem bloklenings uit wat hul in die klasse hou.  Sterk leerders word na die einde van die jaar aangemoedig om self die mediasentrum te besoek.
 
Graad 3 leerders begin die mediasentrum gebruik.  Daar word geen ledegeld betaal nie, maar daar word van die leerders verwag om ‘n plastieksakkie teen R5 aan te koop.  Alle boeke word hierin gehou sodat dit nie beskadig word nie.  Alle leerders mag slegs een boek vir twee weke uitneem.  ‘n Boete van 50c per dag word gehef op boeke wat laat ingehandig word.  Daar word ook van leerders verwag om ‘n vervangingskoste te betaal indien ‘n boek verlore / erg beskadig word.
 
Gedurende pouse word daar soms dvd’s vertoon. 
 
Swart en wit fotostate (50c per bladsy) en A4 laminering (R7 per bladsy) kan by die mediasentrum gemaak word – hierdie aanbod geld slegs vir skoolprojekte.  Daar is ook bordspeletjies waarmee die leerders hulself kan vermaak.
 
Ons sien uit om jul by die mediasentrum te ontvang. 
Onthou:  Lesers is Leiers !
bottom of page