top of page

TENNIS

WhatsApp Image 2022-02-20 at 10.20.24 AM.jpeg
Untitled (Facebook Post) (Instagram Post) (71).png

Tennis is ‘n spansport wat vir seuns en dogters aangebied word. Tennis is ‘n manier om kinders fiks en gesond te hou. Tennis is ook voordelig vir verstandelike fiksheid, want elke keer wanneer leerders ‘n bal moet slaan word verskeie besluite geneem oor dinge soos bal-, son-, rakketposisie, baanoppervlak en die windrigting. Tennis is ook een van die sportsoorte wat die hele jaar by ons skool beoefen word. Ons het tans 10 spanne wat in verskeie Liga’s deelneem.

 

Ouderdomme: Leerders in Gr.3, Gr,4 en Gr,5 neem deel in 0/11 spanne. Leerders in Gr.6 en Gr.7 neem deel in die Oop spanne. Spanne word in ‘n Liga ingeskryf na ‘n evaluering van die sterkte van die span.

 

Kwartale: Liga-wedstryde vind in die eerste en die derde kwartaal plaas waar leerders elke Maandag middag teen ander skole speel.

 

Oefeninge/ Afrigting: Ons leerders oefen reg deur die jaar in die oggende voor skool saam as ‘n span, wat ook goeie spanbou kweek wat spangees tot gevolg het. Ons spanne word afgerig deur Frans Ledwaba. Hy is ‘n plaaslike afrigter wat in Hoërskool Zwartkop op skool was en ook by ander skole betrokke was met individuele en spanafrigting. Hy bring definitief ‘n energie en passie na ons skool

se tennis.

 

Proewe: Ons uitspele vind elke jaar in die vierde  kwartaal plaas, waar ons dan ons spanne vir die daaropvolgende jaar finaliseer. Leerders speel in rangorde teen mekaar uit.

 

Toere: Ons eerste span seuns en dogters neem aan ‘n toernooi by Sun-City deel. Hier kry hul die geleentheid om baie wedstryd-ondervinding op te doen. Ons neem ook deel aan die jaarlikse Super 12 wat ‘n groot hoogtepunt op die skoolkalender is.

 

Prestasies: Ons skool het 10 spanne wat in verskillende afdelings Liga speel. Baie van ons leerders neem ook deel aan toernooie wat buite skoolverband gespeel word, waar hul baie goed presteer.

Ons Eerste Dogters-span het verlede jaar ‘n tweede plek tydens die Egalite Toernooi by Sun City behaal. Ons skool behaal algeheel ‘n 7de plek by die Super 12 met die dogters wat 4de, en die die seuns 11de geëindig het.

 

“If you want to be great at something… make it everything” – ROGER FEDERER

Untitled (Facebook Post) (Instagram Post) (70).png
Untitled (Facebook Post) (Instagram Post) (72).png
WhatsApp Image 2022-02-28 at 4.10.07 PM.jpeg
NadiaP.jpg
Organiseerder:
Nadia Pretoius
nadiap@wierdas.co.za
Wierie_Tennis_transparent.png
bottom of page