top of page

HOKKIE

134A1100.JPG
134A1110.JPG

 

Hokkie is ‘n spansport wat by L/S Wierdapark vir beide seuns en dogters aangebied word. Ons begin reeds in die tweede kwartaal oefen vir ons Liga wedstryde wat in die derde kwartaal plaasvind.

Daar is 8 dogters spanne  en 8 seuns spanne wat aan die A-liga deelneem.

Laerskool Wierdapark het Minihokkie vir ons Gr. R tot Gr.3 leerders, meer inligting daaroor onder by die minihokkie afdeling.

 

Vir ons gr. 4 tot gr.7 leerders het ons o.10-o.13  A en B spanne.

Proewe vind alreeds in Mei maand plaas op verskeie Astro-velde in die omgewing.  Die proewe bestaan uit ‘n vaardigheid sessie asook wedstryde. By elke ouderdomsgroep se proewe is daar tussen 6-8 keurders.

Toere:  Al die A en B-spanne van O.10 – O.13 met hul afrigters gaan elke jaar op ‘n toer. Die O.13 A en B-spanne toer elke Julie-vakansie na die beroemde Elsie Coetzer Toernooi in Bloemfontein. Celia Seerane bied ook vir ons 'n hokkie klinieke aan.

 

Oefeninge: Die o.10 A – o.13 A is daar twee afrigters per span.

By die o.10 B – o.13 B is daar een afrigter per span.  Al die spanne oefen 3 tot 4 keer per week op Astro.

 

Afrigters: Al die afrigters skryf jaarliks afrigters- en skeidsregterseksamens op verskillende vlakke. Sodat ons op datum bly met die nuutste vaardighede. 

 

Kompetisie / Liga: Vriendskaplike wedstryde word in die tweede en derde kwartaal gespeel ter voorbereiding van die Super 12 en ligas. Gedurende die derde kwartaal neem ons deel aan die Super 12, Liga en Noord-Vaal. Eerste spanne neem aan die Midstream Toernooi deel.

 

Prestasies: Laerskool Wierdapark het verskeie spanne wat al Liga-Wenners was.Ons lewer oor die jare verskeie provinsiale spelers op.

134A1207.JPG
IMG_5826.jpg
Ronel2.jpg

Ronel Bosman

Hokkie Organiseerder

ronelb@wierdas.co.za

Hokkie Is Lekker!

bottom of page