top of page

REDENAARS

By Laerskool Wierdapark bied ons talle geleenthede vir kinders om hul sprekersvaardighede en selfvertroue  te verbeter. 

 Ons bied geleenthede vir individuele deelname, sowel as spanredenaars. Wierie Redenaars is aktief en bied nie net vir uitskietters,

maar almal wat graag wil praat talle geleenthede om te leer en te groei.

 

 

Redenaars word vir al ons leerders aangebied  Gr. 1 – 7 en almal  kan deelneem aan al die kompetsies.

 

Kwartale: Ons het reg deur die jaar verskeie redenaarsgeleenthede. Van interne uitdunne, tot buite-kompetisies en opleidingsgeleenthede. Ons redenaars is  lekker besig!

Afrigting: Ouers is self verantwoordelik vir toesprake.  Leerders wat dan afrigting benodig, kan die organiseerder kontak wat hulle dan verder sal verwys na ‘n afrigter.

Kompetisies:  Ons redenaars neem deel aan interne kompetisies, ATKV (uitdunne word gehou), Super 12 (wenners per graad).

 

Vir die volgende kompetisies is daar geen uitdunne is nie en alle leerders kan inskryf:

  • Artisticulta – Individueel sowel as spanne

  • Oppie tong af – Individueel sowel as spanne

  • Radikale Redenaars- Individueel sowel as spanne

  • Kansvatters – Individueel sowel as spanne

 

Uitdunne: Daar is uitdunne vir elke graad. Tydens hierdie uitdunne word die eerste drie plekke per graad aangekondig. Hierdie wenners ontvang dan elkeen ‘n trofee.

Ons spog met leerders wat Nasionale wenners was met ATKV, Radikale Redenaars en Artisticulta.

Ons word ook as die wenskool by Super 12 Redenaars aangewys vir drie jaar in ‘n ry. 

Madi.jpg
Heading 6
Organiseerder:
Madi Hugo
madih@wierdas.co.za
WhatsApp Image 2022-04-04 at 2.03.53 PM.jpeg
WhatsApp Image 2022-04-04 at 2.03.15 PM.jpeg
IMG-20210811-WA0085_edited.jpg

Redenaars Is Lekker!

bottom of page