top of page

KRIEKET

Francois du Plessis copy.jpg

Krieket is ‘n spansport wat by L/S Wierdapark waaraan meer as 140 leerders deelneem.  Ons skool maak gebruik van top gehalte afrigters wat die speler se benodighede altyd eerste stel.

Daar is in totaal 12 spanne wat aan die A-liga deelneem.  Daar is in elke ouderdom  tenminste ‘n A - en B span, waarby die o.9 en o.10 groepe uit 3 spanne bestaan.  Ons doel by die skool is om elke leerder die geleentheid te gee om deel te neem en sy liefde vir die sport aan te moedig.

Ouderdomme en spanne:

o.9 : A-C; o.10 A-C; o.11 A+B; o.12 A+B; o.13 A+B

Kwartale:

Voorseisoen oefening asook proewe vind in die tweede kwartaal plaas.Die toere asook klinieke vind tydens die Junie/Julie vakansie plaas.Die krieket se amptelike seisoen vind plaas in die 3de kwartaal.

Oefeninge/ Afrigting:

Oefeninge vind in die week plaas op die dae wat die seuns nie wedstryde speel nie.  Geen liga wedstryde word op naweke gespeel nie.  Elke span oefen 2 dae per week waar die sessies 1h15min lank is wat bestaan uit ‘n netsessie en ‘n veldwerksessie. Afrigters moet die nodige vlak 1 afrigtingskursus voltooi om te kan afrig en word aangemoedig om so spoedig moontlik die ander vlakke van afrigting ook baas te raak.  Afrigters moet ook voor die aanvang van die seisoen in die derde kwartaal almal die skeidsregteraksamen te voltooi.

 

Afrigting:  Die A-spanne het elkeen twee afrigters met een afrigter by elke B-span.. Die O/9’s bloot omdat ontwikkeling en foutontleding daar nog van kardinale belang is. 

 

Die skool beskik ook oor sy eie krieketakademie onder leiding van Abré Volgraaff ‘n CSA vlak 3 afrigter.  Hulle is ”Cricket 101”.  Ouers maak self kontak met die kontakpersoon – Mnr Abré Volgraaff, om sodoende ‘n sessie te bespreek wat die afrigter en kind pas. Daar is individuele sessies asook groepsessies beskikbaar.  Ouers betaal self vir hierdie diens.  Ons beskik oor 5 krieketnette van hoogstaande gehalte wat in 2015 opgegradeer is asook ‘n nuwe krieketstoor waar 2 permanente boulmasjiene opgerig gaan word, wat in die Julie 2016 in gebruik geneem sal word.

 

Kompetisies en ligas.

Laerskool Wierdapark speel tans in die A1 liga.  Daar is 9 spanne in die liga.  Slegs die A-spanne se   punte word aangeteken om verder in die Northerns se kwart,- semi – en finale rondtes te speel.

Daar is ook die Super 12 kompetisie wat in Rustenburg aangebied word in die Julie vakansie en  slegs die O/11 en O/13 spanne neem aan die kompetisie deel.

Die O/13 span neem ook aan ‘n dag/aand toernooi deel wat op ‘n vriendskaplike basis plaasvind.  Die toernooi begin in Augustus in die derde kwartaal.

 

 

Proewe:

Vind alreeds in Mei maand plaas om vir die spanne wat gaan toer se ouers ‘n indikasie te gee wie se seun in die span is en om sodoende vakansieplanne te reël en toergelde af te handel.  Die proewe bestaan uit ‘n netsessie waar elke speler geleentheid kry om te boul en te kolf.  By elke ouderdomsgroep se proewe is daar agt keurders – vier kyk na boulers en vier kyk na kolwers.  Elke speler ontvang ‘n punt uit 5 uit vir boul-en kolfwerk onderskeidelik. Daarna word elke speler se punt op ‘n Excel rekenaar program ingelees om ‘n gemiddeld te bepaal.  Die elf spelers met die hoogste kolf-en boulgemiddeld sal dan in die A-span wees en   die volgende twaalf spelers in die B-span.

 

 

Toere:

Al die A-spanne van 0/9 – 0/13 met hul afrigters gaan elke jaar op ‘n toer. Daar word elke jaar ‘n kliniek by die skool aangebied vir die B-spanne om dit vir die ouers meer koste effektief te maak. Die 0/11 en 0/13A spanne neem dan ook elke jaar deel aan die Super 12 toernooi gedurende die Julie-vakansie.

Prestasies

Wierdapark se krieket lewer elke jaar ongelooflike resultate en ons kan die vordering en liefde vir die sport by die kinders sien.

Krieket prestasie laaste paar jaar:

 

 Super 12 Uitslae: o.11A 5de plek by Super12

o.13A 3de plek by Super12  

o/10A Northens A1 Liga wenners

o.11A behaal Kwartfinale A1 Liga

o.12A behaal kwartfinale A1 Liga

o.13A behaal Semifinale A1 Liga

o.9A onoorwonne in hulle 8 liga wedstryde

o.12A onoorwonne in hulle 8 liga wedstryde

o.13A algeheel 2de in hulle 50beurte dag/aand reeks

 

Agt van ons o.12 en o.13 seuns word gekies om die Cricket101 in die Bigbash t20 reeks op supersport park te verteenwoordig.

Drie van ons o.13 seuns en een o.11 seun word gekies om die Mzanzi Hawks krieketspan te verteenwoordig in die LPL Krieket liga.

 

Organiseerder
Francois du Plessis
francoisdp@wierdas.co.za

 

Mini Krieket - 0/7 - 0/9

bottom of page