top of page

ATLETIEK

Untitled design - 2022-01-14T190850.074.png
Untitled design - 2022-01-14T123855.856.png
Hoe skryf ek in (58).png
Hoe skryf ek in (53).png
134A5681.JPG
Hoe skryf ek in (68).png

Dis lekker om die jaar af te skop saam waar die hele skool op die paviljoen sit, waar ons begin met Bokkesport om lekker gees te vang. Ons gee al ons leerders die geleentheid om al die verskillende items van atletiek uit te probeer sodat hulle kan sien en ervaar waarvan hulle hou.  Atletiek is ‘n individuele sport wat vir seuns en dogters die geleentheid bied om vir Laerskool Wierdapark deel te neem. 

 

Ouderdomme: Ons gr.R maats kry die geleentheid om deel te neem, net vir die lekker. Ons skep vir hulle 'n aparte geleentheid. Ons begin ernstig met atlitiek vanaf o.7 – o.13 vir seuns en dogters.

Kwartale: Atletiek word in kwartaal 1 en 4 aangebied en beoefen.

 

 

Oefeninge/ Afrigting:

Daar is 2 – 3 afrigters per item.  Die afrigters is positief en gemotiveerd.

Voorlopige program vir ons atletiek seisoen: 

(Tye word aan die begin van die atletiek seisoen bepaal en sal op die d6 geplaas word.)

Naellope

Maandag tot Donderdae

06:20 - 07:20

L/s Wierdapark

Hekkies

Maandag tot Woensdag

15:15 – 16:15

L/s Wierdapark

Verspring

Maandae en Dinsdae 14:00 – 15:00

Donderdae 15:00 – 16:00

L/s Wierdapark

Hoogspring

Maandae en Woensdae 14:00 – 15:00

L/s Wierdapark

 

Gewigstoot

Maandae, Woensdae en Donderdae

06:20 – 07:20

L/s Wierdapark

Diskus

Maandae tot Woensdae

15:30 – 16:30

NG Kerk Raslouw

Spiesgooi

Maandag tot Woensdag

16:00 – 17:00

NG Kerk Raslouw

Middelafstande

Maandae en Woensdae

16:30 – 17:30

H/s Eldoraigne

Kondisionerings Oefeninge

Maandae en Woensdae 06:15 – 07:15

Dinsdae en Donderdae 06:15 – 07:15

L/s Wierdapark

Kondisionerings Oefeninge:

Atlete mag enige van die kondisionerings oefening bywoon wat tot bate is vir die atleet.

Atlete mag by buite afrigters oefen, stel asseblief betrokke afrigter in kennis.

Daar is ook privaat afrigting buite seisoen vir atlete.

 

Kompetisies en ligas:

Ons neem deel aan verskeie atletiekbyeenkomste binne en buite Pretoria. Super 12 en Top 10 byeenkomste.   Die beste 2 atlete per item word gekies om die skool te verteenwoordig tydens die Clusterbyeenkoms.  Atlete wat tydens die Clusterbyeenkoms ‘n 1ste of 2de plek behaal word gekies om deel te neem aan die Ditriks byeenkoms.

 

Proewe: In die eerste kwartaal vind Bokkesport plaas asook Gr. R en 1 atletiekbyeenkoms.  Tydens hierdie 2 byeenkomste word atlete uitgedun. Ons gebruik ook vriendskaplike byeenkomste om die spanne te finaliseer.

Sport Is Lekker!

Jurgens.jpg

Organiseerder:

Jurgens de Jager

jurgensdj@wierdas.co.za

bottom of page