top of page

LANDLOOP

WhatsApp Image 2022-04-09 at 6.17.57 PM (1).jpeg
WhatsApp Image 2022-04-09 at 6.17.58 PM.jpeg
WhatsApp Image 2022-04-09 at 6.17.56 PM.jpeg

Landloop is ‘n sportsoort wat deur al ons leerders beoefen kan word. Ons Wierie Landloop bestaan ongeveer uit 100 atlete. Al ons atlete is vir ons baie belangrik.

Dewald Rossouw is ons hoofafrigter en word bygestaan deur Juffrou Ruda. Landloop is een van die beste sportsoorte, want jy kan hardloop tot jy baie oud is! Landloop leer jou van fiksheid, uithouvermoë en aanhouer wen.

Ouderdomme: Atlete van Gr. R tot Gr. 7 seuns en dogters neem deel. Ons neem deel van O.8 tot O.13 – seuns en dogters aparte spanne. Gr. R, Gr. 1 en Gr. 2 neem gesamentlik deel as O.8.

Atlete kan reeds vroeg in die jaar ‘n nommer koop waarmee hulle die hele seisoen kan deelneem aan enige wedloop.

Kwartale:

Ons begin reeds in kwartaal een saam met die middelafstande oefen.

 

Ons oefen Maandae tot Donderdae by H/s Eldoraigne of by Lewende Woord.

Oefentye is vanaf 16:30 tot 17:30.

Alle ouers wie se kinders deelneem is op die Landloopgroep. Alle kummunikasie vir oefeninge vind op die groep plaas. Ons het ‘n voorseisoen met voorseisoen wedlope en "Parkruns" in kwartaal 1 en 2. Dan het ons die skole seisoen in die derde kwartaal.

Kompetisies en ligas:

 Voorseisoen – verskeie wedlope en Parkruns – vir alle atlete

Ligas – 4 – Vir alle atlete. Oderdomme: o.8 tot o.13 seuns/dogters

Atlete hardloop saam met o.8

Super 12 – slegs o.9 tot o.13 (4 atlete per span)

Die span wat Gauteng Noord by SA Kampioenskap gaan verteenwoordig word hier gekies.

Prestasies:

Ons Wierie -landlopers presteer altyd baie goed en ons het normaalweg ongeveer 15 atlete wat aan die SA Kampioenskap deelneem.  Ons wen idividuele medaljes asook spanmedaljes. Wierdapark het ook al 2 SA Kampioene opgelewer.

Ruda_01.jpg
Organiseerder
Ruda Schoeman 
rudas@wierdas.co.za
WhatsApp Image 2022-04-09 at 6.18.02 PM.jpeg
bottom of page