top of page

MUURBAL

mb3 (5).jpg
mb 10d (1).PNG
Lane_1 (1).jpg

Muurbal kan gespeel word deur seuns en dogters van enige ouderdom en omdat dit `n nie-kontak sport is nie kan seuns en meisies ook op goeie voet teen mekaar kompiteer.

Die gesondheids voordele van muurbal is onder andere; ontwikkel krag en fiksheid, bevorder beweeglikheid, bevorder hand- oog koordinasie en ontwikkel alle spiere in die liggaam.

Muurbal is ‘n binnehuise sport, so dit is nie gekoppel aan die weer nie, dit bou selfvertroue, leerders ontmoet nuwe vriende en omdat dit so hoë energie sport is, is muurbal ‘n baie goeie stress ontlading.

 

Ouderdomme en groepe:

Enige ouderdom is welkom van Gr R- 7, seuns en dogters.  Liga is daar gewoonlik 2 spanne van 4 spelers. 

 

Kwartale: Muurbal oefening reg deur die jaar, Liga is in 3de Kwartaal.

 

 

Oefeninge:

Oefeninge buite seisoen is een keer `n week reg deur die jaar op Vrydae. Binne seisoen is 2 keer `n week op tye wat meeste spelers pas.

By oefeninge word daar op alle dele van muurbal gefokus vanaf reëls, fiksheid, strategie en tegniek maar daar word ook gespeel. Spelers word in vlakke opgedeel op grond van hulle vermoëns bv. beginners, gevorderd en meer gevorderd so kinders oefen saam met leerders wat op dieselfde vlak as hulle self is.

Kompetisies en ligas: Muurbal neem deel aan Tuks Interskole kompetisie asook NJSA skole liga.

 

Proewe: Spelers daag mekaar om rangorde te bepaal vir die seisoen.

Toere: Daar is jaarliks Provinsiale toere.

Prestasies: Laerskool Wierdapark het die laaste paar jaar al verskeie prestasies behaal onder andere NJSA B-Liga wenners en ook verskeie spelers is genooi om aan inter- provinsiale kompetisies deel te neem.

Organiseerder:

Lane Flint

lanef@wierdas.co.za

Muurbal is Lekker!

bottom of page