ORATORS

Lisa.jpg
Organiseerder:
Lisa Kruger
lisak@wierdas.co.za

Orators is ons Engelse redenaars.  Dit bied alle kinders die geleentheid om blootstelling en ervaring te kry en sodoende hulself ook in engels  te leer uitdruk. 

Ons poog om Orators en hul deelnemers jaar na jaar te laat groei en te verbeter.

Ouderdomme: Enige leerder van Gr. 1 – 7 kan hieraan deelneem – al het hul geen vorige ervaring nie.

Kwartale: Orators vind plaas reg deur die jaar aangesien die kompetisies waaraan leerders kan deelneem, verspreid is.

Sprekers is verantwoordelik vir hul eie toesprake en voorbereiding daarvan, alhoewel die orators span altyd beskikbaar is vir hulp en raad.

Kompetisies waaraan Laerskool Wierdapark deelneem is:

-Outstanding Orators (interne kompetisie)

-On the Tip of your Tongue

Uitdunne: Geen uitdunne aangesien alle leerders kan inskryf vir kompetisies waaraan ons deelneem.

 

Prestasies: 

2021 se prestasies:   

-By ‘On the Tip of your Tongue’ nationale kompetisie word 2 eerste plekke, 1 tweede en 1 derde plek behaal.

-By Artistatue nationale kompetisie word 3 eerste plekke (een gedeel) en 4 tweede plekke (2 leerders deel) word behaal.