top of page

BYBELVASVRA

Organiseerder:

Mariette Cilliers

mariettec@wierdas.co.za

Die doelstellings van die Bybelvasvra is om ‘n liefde vir die Bybel en Bybelstudie te bevorder.

Hier word leerders se kennis en hanterings-vermoë van die Bybel aangemoedig. Die leerders se kommunikasie- en samewerkingsvermoë word ook aangespoor.

 

Ouderdomme:

‘n Span word saamgestel uit vier leerders. Die leerders kan uit enige graad 4 tot 7 leerders bestaan.Ons poog elke jaar om twee spanne in te skryf.Dit is gemengde spanne wat kan bestaan uit seuns en dogters.

 

Kwartale:

Die kompetisies vind in die derde termyn plaas.Die spanne word in die eerste termyn verkies.Gedurende die tweede en derde termyn word baie hard geoefen aan die voorgeskrewe Bybelgedeeltes wat moet vasgelê word.

 

Oefeninge/ Afrigting:

Vraestelle word saamgestel wat weekliks ingeoefen word oor die voorgeskrewe hoofstukke. 

Ons poog daarna om weekliks vir twee ure bymekaar te kom om dit in te oefen.

Kompetisies:

Ons neem elke jaar deel aan die Super 12 - en die Rapportryers se kompetisie.

Daar kan slegs een span per skool deelneem aan die Super 12 kompetisie.Altwee spanne kan deelneem aan die Rapportryers se kompetisie.

Die Rapportryers het een uitdunrondte en daarna word 10 beste skole in die land uitgenooi na die finaal wat plaasvind in Hartenbos Oktober maand.

 

Oudisies:

Al die Intersenfase leerders word uitgenooi om te kom deelneem aan ‘n algemene Bybelkennis vraestel. Tien leerders word dan gekies. Uit die tien leerders word twee spanne gekies aan die einde van die eerste termyn.

 

Prestasies :

In 2019 was ons skool deel van die tien beste skole in die land. Ons het gaan deelneem in Hartenbos en sesde geeindig.In 2021 het ons tiende geeindig in die land.

Organiseerder:

Annatjie Fourie

annatjief@wierdas.co.za

AnnatjieF_IMG_1095.JPG
Mariette_.jpg
bottom of page