top of page

NETBAL
(o.10 - o.13)

Netbal is ‘n sport wat baie geleenthede tot self-en sosiale ontwikkeling bied.   Netbal by Laerskool Wierdapark is ‘n “voertuig” wat ons gebruik om dogters sterker, dapperder, eerliker, vriendeliker en meer doelgerig te maak.   Integriteit, omgee en uitnemendheid is die waardes waarop ons netbal gebou word. 

Enige sukses kom gewoonlik tot stand deur ‘n span rolspelers wat hul beste na die tafel toe bring.  Tesame met ‘n hegte span afrigters wat die waardes leef en mekaar ondersteun, beskik ons ook oor ‘n groep spelers wat kliphard werk en toegewyd is tot mekaar en die sport wat hulle die voorreg het om te mag speel.

 

Die netbalouers is vennote op hierdie opvoedingsreis en ons kan dit nie sonder hulle lojaliteit en ondersteuning doen nie.  Nog ‘n belangrike vennoot in ons netbalplan is Dr. Elsje Jordaan en Sportisimo.  Ons maak van haar kundigheid en ervaring gebruik.  Ons is ook dankbaar vir elke maatskappy en ouer wat hand in die sak steek en dit moontlik maak om hierdie plan te laat realiseer.

 

Ons is dankbaar en nederig oor die goeie prestasies wat ons oor die afgelope 17 jaar kon lewer.

Netbal by Laerskool Wierdapark is LEKKER, want dit gaan nie net oor netbal nie…inteendeel, dit gaan oor vriendskap en pret en die soete vrug van klipharde werk sodat ons trots kan wees oor HOE ons dit gedoen het.

Ouderdomme . o.10 A-D tot o.13 A-C.

Kwartale: Kwartaal 1 tot 3, kwartaal 4 vaardigheidsontwikkeling.

 

Oefeninge/ Afrigting:

A-en B-spanne oefen 4 keer per week.

C-en D-spanne oefen 3 keer per week.

Kompetisies en ligas:

 

Gedurende kwartaal 1 neem al die spanne aan vriendskaplike wedstryde deel.   Gedurende Maart bied Laerskool Wierdapark ook ‘n vriendskaplike toernooi aan waar daar ongeveer 5-8 skole kom deelneem.   Gedurende die Aprilvakansie neem ons spanne aan die Sportisimotoernooi deel ter voorbereiding van Super 12 en die liga wat gedurende kwartaal 2 plaasvind.  

Daar word ook ‘n toernooi aangebied slegs vir ons C- en D-spanne. 

Super 12 vind vroeg in April plaas en die liga neem ook direk daarna ‘n aanvang.   Die Super 12-kompetisie bestaan uit 12 Groot Skole wat strek uit die provinsies Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noord-Wes.  Die liga word gespeel teen die Laerskole Garsfontein, Menlopark, Elarduspark, Constantiapark, Stephanus Roos, Hennopspark en Rooihuiskraal.   Dan neem ons o.13A span gedurende April deel aan die baie bekende Wildeklawertoernooi wat jaarliks in Kimberley aangebied word.

Proewe:

Proewe word gehou om oefengroepe aan te dui.  Dit geskied oor twee dae in ouderdomsverband.  Vriendskaplike wedstryde en toernooie daarna dien ook as proewe vir die dogters.  Die finale spanne word dan eers net voor die aanvang van Super 12 en die liga aangekondig.

Ook het die o.12 en o.13 dogters die geleentheid om aan die Gautengproewe deel te neem waar hul moontlik in Provinsiale spanne opgeneem kan word.

Toere: Vroeg in Februarie gaan al die spanne van die skool na ‘n 4-dag afrigting - en afrigterskursus van Sportisimo, aangebied deur die baie bekende Dr. Elsje Jordaan

Prestasies:

 

Laerskool Wierdapark is vir meer as 10 jaar die Super 12 Kampioene. 

Ook is Laerskool Wierdapark vir ‘n geruime tyd ligawenners in verskeie ouderdomsgroepe.  

Die o.12 en o.13 spanne neem dan ook elke jaar aan die Gauteng Kampioenskappe asook die Suid-Afrikaanse Top Skole Kampioenskappe deel.  Ook hier het Laerskool Wierdapark al puik prestasies gelewer.

Laerskool Wierdapark se netbalspelers is ons afrigters se trots!

Christa.jpg

Organiseerder:

Christa Kruger

christak@wierdas.co.za

134A9948.JPG
134A9916.JPG
134A9912.JPG
134A9905.JPG
134A9903.JPG
WhatsApp Image 2022-04-12 at 8.54.09 PM (3).jpeg
Untitled (Facebook Post) (Instagram Post) - 2022-04-12T203923.224.png
bottom of page