top of page

   REKENAAR SENTRUM

Die skool beskik tans oor 2  goed toegeruste rekenaarsentrums wat ‘n skootrekenaar vir elke leerder in die klas insluit.

Die 1 sentrum word vir die grondslagfase (gr R – 3)  gebruik terwyl die ander vir die intersenfase

(gr 4 – 7) aangewend word. Al die leerders ontvang een periode per week  in klasverband rekenaaropleiding.

 

Albei sentrums het toegang tot die internet wat  aanlynonderrig ook  moontlik maak.  Ons gebruik  verskeie aanlynprogramme soos bv. Purplemash en PoissonRouge.

 

Ons gekose rekenaarleiers help om die sentrums reg te kry vir die leerders.

 

Rekenaartoepassingsgeletterdheid:

 

Grondslagfase gebruik C4Kids wat in lyn is met die CAPS-leerplan wat in die skool gevolg word.  ‘n Verskeidenheid ander van  programme soos bv. Seewêreld en Tuxpaint word ook  aangewend om die leerervaring meer pret te maak.

 

Intersenfase fokus op die gebruik van die internet asook Microsoft Word, Excel en PowerPoint. Die kennis wat die leerders opdoen in hierdie pakkette rus hulle toe om self navorsing en skoolprojekte aan te pak.

 

Kodering:

 

Gr.R    Lyfiekodering en Kidlo

Gr.1    Kidlo en Bluebots

Gr.2 - 3 Scratch Jr en Bluebots

Gr.4    Scratch Jr, Pivot Animator, MakeCode en Microbits

Gr.5 - 7 Scratch Desktop, Pivot Animator, MakeCode en Microbits

 

Die leerders word blootgestel aan logiese orde denke wat kodering moontlik maak en kry ook eerstehands ervaring met programmering en uitset toestelle.

IMG_7202.JPG
IMG_7221.JPG
IMG_7201.JPG
bottom of page