top of page

Hier by Laerskool Wierdapark is elke kind vir God belangrik. Leerders word toegerus met God se Woord deur:

-Interessante Bybelstudies

-Lewendige samesang

-Dinamiese sprekers

-Speletjies wat my leer

-Bedieningspanne: - Poppekas, drama en dans.

 

Ouderdomme en groepe

Enige leerders, ongeag die denominasie waaraan hulle behoort, is welkom om die geleenthede by te woon.

    Die Juniors (Graad 1,2 en 3 leerders) vergader elke Maandag pouse.

    Die Seniors (Graad 4 tot 7’s) vergader elke Woensdag pouse.

 

Kwartale:

Die V.C.S.V vind regdeur die jaar plaas.

 

Ons maak ‘n verskil in die wêreld deur uit te reik na:

-Behoeftige gesinne in ons eie skool

-Hospitaalpasiënte

-Kinderhuise

-Straatkinders

-Oupas en Oumas in versorgingsentrums

Leierskap:

 Elke jaar word 30 kringleiers gekies uit Graad 6 en 7 leerders.  Hierdie leerders word toegerus om ‘n Bybelstudie groep te begelei.  Hulle word ook opgelei om in ‘n bedieningspan te bedien.  

 

Kampe:

Die Seniors word  uitgenooi na ‘n takkamp wat plaasvind in  die natuur een keer ‘n jaar.

 

Feeste:

Deur die jaar herdenk ons spesiale feeste soos Paasfees. Elke jaar gaan die hele skool op Hemelvaartdag na ‘n nabygeleë kerkdiens.In Mei maand het ons ‘n spesiale Christusweek waarin ons God vereer. Ons sluit die week af met ‘n Christusfees.

WhatsApp Image 2022-04-21 at 9.57.28 AM.jpeg
WhatsApp Image 2022-04-21 at 9.57.28 AM (1).jpeg
WhatsApp Image 2022-04-21 at 9.52.21 AM.jpeg

VCSV

Aanbidding Is Lekker!

bottom of page