top of page

MINI HOKKIE

Ons vaste oortuiging is om die leuse van ons skool, "ONS BOU", deel van elke leerder se lewe en wese te maak. By Laerskool Wierdpark ontwikkel ons die kind se volle menswees. Ons leer ons kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle talente en regte. Ons doelwit is om aan elke leerder die geleentheid te gee om met hulle talente wat hulle het te woeker. Om leerders die kans te bied om te leer hoe om minihokkie te speel en te geniet. Om ‘n liefde vir die spel te kweek, basiese balvaardighede aan te leer en spelstrukture vas te lê. Ons doelwit is massa deelname en vaardigheidsontwikkeling.

20220408_085031.jpg

SPANNE:

Daar is 4 spanne per ouderdomsgroep (Seuns en Dogters). A – span, B – span, C – span en dan die vaardigheidspan in elke ouderdomsgroep.

Span A, B en C bestaan uit 10 leerders elk.

 

Die o.7 en o.8 speel 6 aan ‘n kant en 4 leerders is reserves. Reserves word elke 5 min geruil. Die o.9 span speel 8 aan ‘n kant en 2 leerders is reserves.

 

Reserves word tussen 5 – 10 minute geruil. Wedstryde duur 12 – 15 min aan ‘n kant.

Die o.7 span oefen seuns en dogters apart, maar saam as een groot groep. Die o.8 en 9 span oefen seuns en dogters apart.

Die eerste 4 oefeninge oefen al die dogters saam en al die seuns oefen saam. Na die 4de oefening sal daar dan spanne gekies word.

OUDERDOMSGROEPE:

o.7 is ons Graad 1 groep.

o.8 is ons Graad 2 groep.

o.9 is ons Graad 3 groep.

KWARTALE:

Ons eerste oefening begin in die 3de Kwartaal.

 

OEFENINGE:

o.7 oefen 2 keer ‘n week vir 45 min.

o.8 en o.9 spanne oefen 2 keer ‘n week van ‘n uur lank.

o.7 span oefen op Dinsdae en Donderdae vanaf 13h30 tot in met 14h15.

o.8  oefen op Maandae en Woensdae vanaf 13h15 tot in met 14h15.

o.9  oefen op Dinsdae en Donderdae vanaf 14h15 tot in met 15h15.

Ons neem deel aan die volgende TOERNOOIE:

  • Verskeie Fees toernooie.

  • Wierie Fees Toernooi.

  • Vriendskaplike wedstryde.

20220408_085837.jpg
20220408_084854.jpg
Graphic Spiral
MINIHOKKIE 1.png
MINIHOKKIE 2.png
Picture1.jpg
20220408_085455.jpg
20220408_085302.jpg
Organiseerder:
Claudette Janse van Rensburg
claudettejvr@wierdas.co.za
bottom of page