top of page

RUGBY

o.9 - o.13
134A0010.JPG
134A0018.JPG
134A0104.JPG
134A0097.JPG
Gavin.jpg
Organiseerder
Gavin Bailey
gavinb@wierdas.co.za

By Laerskool Wierdapark is rugby een van ons spog sportsoorte. Dis vir ons lekker om te sien hoe die seuns vroeg begin met bulletjie rugby en dan as o.9's speel hulle voluit.

Ons is in die bevoorregte posisie om teen van die beste Laerskole in ons omgewing mee te ding en dan speel ons ook graag teen ander provinsies.

Ons rugby streef na uitnemendheid. Dis vir ons belangrik om tradisie na te behou en goeie sportmanskap uit te leef. 

Ouderdomme en groepe:

Ons skep die geleentheid vir ons seuns om van gr.R af rugby te speel, lees gerus meer daaroor onder die bulletjierugby afdeling. 

Ons o.9 A-C spanne bestaan uit graad 3 leerders.

Die o.10  A-C bestaan uit graad 4 leerders.

Die o.11A-C spanne bestaan uit graad 5 leerders.

Ons 1ste - 4de spanne bestaan uit graad  6 en 7 leerders.

Kwartale:

Kwartaal 1 en 2: Gedurende die eerste twee kwartale geniet ons seuns rugbytoere, vriendskaplike wedstryde, A-Bond ligas, en die Super 12 reeks.

Kwartaal 3 en 4: Ons bestee die twee kwartale om te fokus op voorseisoen-kondisionering.

Afrigting: Ons afrigting fokus ons op uitnemenheid. Dis vir ons belangrik dat ons afrigters gekwalifiseerd is en kursusse bywoon om op datum te bly met die nuutste programme. Goeie sportmanskap is vir ons die belangrikste element wat enige spele kan hê. Dis vir ons belangrik dat ons seuns mekaar respekteer en sodoende ook ander skole waar teen ons meeding.  

Oefeninge:

Ons leerders oefen vier keer per week. 

Kompetisies en ligas: Ons neem graag deel aan die A-Bond liga, Super 12 en die Noord-Suid Toernooi. Dis vir ons belangrik dat  ons seuns genoeg geleenthede kry. 

Toere: 

Rugbytoere is defnitief 'n hoogtepunt in elke seisoen. Toere skep nie net geleentheid om rugby te speel nie maar dis ook 'n tyd om herinneringe te bou saam die spelers. Laerskool Wierdapark gaan graag op die volgende rugbytoere:

Campdiscovery, Noord-Suid (Affies aanbieders), Maritzburg-College Festival, Grey College Festival, Wildeklawer.

Prestasies:

Wierdas is aangewys as die Super 12 Rugby wenners en algehele wenners van die rugbyreeks.

A-Bonde ligawenners o.9, o.10, o.11 en 1ste span.

134A0037.JPG
134A0035.JPG
134A0014.JPG
bottom of page