top of page
241694271_4295110103935578_2518513387137729851_n.jpg
IMG-20190729-WA0043.jpg
AnellB_2.jpg
Organiseerder:
Anéll Badenhorst
anellb@wierdas.co.za

SENIOR KOOR - ALAWIERDAS

Laerskool Wierdapark is baie trots op ons seniorkoor die- Alawierdas. Ons missie is om elke kind die geleentheid te gee om sy musikale potensiaal te ontwikkel en sodoende ‘n stewige musiektradisie by ons skool te vestig. Om deel te wees van die Alawierdas is nie net om te sing nie, ons is ‘n familie wat alles saam aanpak en ons talente tot eer van die Here gebruik.

 

So weet elke kind dat hulle uniek en kosbaar is. Die kinders kry ook aan die einde van elke jaar, ‘n gekleurde koorknopie om die jaar se getroue deelname te erken.

Knopies begin by wit, geel, groen, rooi, brons, silwer en dan goud vir elke jaar. Dit motiveer die leerders want deurlopende deelname is noodsaaklik vir die musikale groeiproses.

 

Ouderdomme: Die Alawierdas bestaan uit ± 70 Gr. 4 tot 7 leerders.

 

Kwartale:

Ons sing heerlik die hele jaar lank aan verskeie kompetisies en optredes.

 

Oefeninge/ Afrigting:

Ons oefen gemiddeld 3 ure per week, waartydens ons aandag gee aan stembouing, gehoorontwikkeling, koordissipline, musiekwaardering, verhoogetiket en verhoogaanbieding.

Die Alawierdas oefen Maandae en Woensdae in die skoolsaal van 14:15 - 15:30.

Die koor is onderleiding van Anton Pottas en Leanda Schelhase is ons begeleidster.

 

Kompetisies:  

Ons neem deel aan verskeie koorkompetisies, Super 12, ATKV-Applous, Centurion Kunstefees en Pretoria Eisteddfod. Ons word gereeld genooi as ‘n gaskoor by geleenthede of ander skole.

Oudisies:

Die leerders wat wil deel wees van die Alawierdas volg ‘n omvattende oudisieprosedure aan die einde en begin van die jaar.

 

Toere:

Ons beoog om elke tweede jaar te toer naonder andere George vir die SCMA Cantamus Tuinroete landswye koorkompetisie of na die Drakensberge om deel te neem aan die “Music in the Mountains” koorfees van Drakensberg seunskoor.

Prestasies:

 Een van ons koor se hoogtepunte was om in die Cango grotte een van ons pragstukke Hallelujah, wat verwerk is deur Anton Pottas en Leanda Schelhase, te kon sing.

Ons het opgetree by Monumentale Cantus – Wat ‘n belewenis was dit nie om in die Voortrekker Monument te kon sing nie.

Alawierdas spog oor verskeie prestasies vir die laaste paar jaar: *SCMA Cantamus Tuinroete was ons afdelingswenners van die laerskole afdeling sowel as aangehele wenner van laer- en hoërskole aangewys.

*ATKV Applous Goud

*Centurion Kunstefees – 97%Afdelingswenners asook Algehele wenners

* Pretoria Eisteddfod – A++Afdelingswenners asook Algehele wenners

*Super 12 – Goud 88%

*Sing in Harmonie - finaal​

Sing Is Lekker!

bottom of page