top of page

Organiseerder
Lizelle Senekal

lizelles@wierdas.co.za

Ons REVUE is waarlik een groot fees van opgewondenheid. Ons het ‘n slagspreuk wat lui “Dit
maak nie saak waar jy op die verhoog staan nie, solank jy net jou plek volstaan.” Revue bied
‘n geleentheid om te dans en sing op ‘n verhoog. Ons leer formasies aan en ‘n 10 minute
produksie kan tot 7 maande vat om aangeleer te word. Dit mag dalk lank klink, maar met al
die dekor en “props” wat ons op en af van die verhoog hanteer voel 7 maande soms soos
een maand. Elke kind word raakgesien en vorm deel van een groot eenheid.


Ons gee ‘n geleentheid aan Gr2-Gr4 leerders om deel te wees van die revue groep. Ons
groep bestaan uit ongeveer 80 leerders.


 Revue oefeninge en optredes strek van Januarie tot September.


Ons oefen hoofsaaklik op Vrydae en Saterdae.


Kompetisies waraan ons deelneem is onder andere SA kampioenskappe, Kleidoscope
(staatsteater) en VIA se Revue kompetisie wat op kanaal 146 uitgesaai word. Sluit gerus aan
by ons google klaskamer om die vorige revue”s te sien. Kode: 54h6iic.


Ons oudisies is in November maand.


Toere – geen


Prestasies:

2017 : kaleidoscope 1ste plek
SA kampioenskappe 3de plek
2018: Kaleidoscope 2de plek
SA Kampioenskappe 1ste plek
2019: Kaleidoscope 1ste plek
SA Kampioenskappe 1ste plek
Dans in jou taal(Kyknet) 1ste en kykerskeuse wenners

2022: Kaleidoscope 1ste plek
SA kampioenskappe 1ste plek
2023: Kaleidoscope 1ste plek
SA kampioenskappe 2de plek
VIA se revue kompetisie 1ste plek

now you see us.jpg

REVUE

Lizelle Senekal1 copy.jpg
bottom of page