
ONS
BOU




Graad R Koor - Wierie Walies

Om deel te wees van die graad R koor is sommer groot pret! Die Wierie Walies kom een maal per week bymekaar om ons engelstemmetjies te oefen. Ons leer ook van asemhalingstegnieke, stemoefeninge, koordissipline en ekspresiewe gesigsuitdrukkings. Ons neem deel aan verskeie geleenthede waar ons maats op ‘n verhoog sing voor ‘n gehoor. Koordeelname is ‘n fantastiese manier om selfvertroue te bevorder en ons kweek sommer van kleins af al ‘n lewenslange liefde vir musiek.

Desireè van Staden
Begeleidster
_edited.jpg)
Die Wierie Walies begin jaarliks in Februarie met kooroudisies en sluit die jaar in November af.
Oefeninge:
Ons oefen elke Dinsdag van 11:30 tot 12:15 in die graad R saal.
Ons fokus op suiwer klank en om te sing op die noot, stemoefeninge en asemhalingstegnieke en ons leer van koordissipline. Daarmee saam kom selfvertroue, trots en ‘n liefde vir musiek!
Kompetisies:
Deur die loop van die jaar neem ons aan verskeie geleenthede deel maar die enigste twee kompetisies is:
Pretoria Eisteddfod
Centurion Kunstefees
Oudisies:
Ons musiekjuffrou luister na elke graad R kind se stemmetjie. Na afloop van hierdie proses nooi ons ongeveer 30 maats uit om deel te vorm van die Wierie Walie koor.
Prestasies:
Ons neem elke jaar aan twee kunswedstryde deel waar ons al pragtige prestasies behaal het en verskeie kere itemwenners was. Ons het al opgetree saam met Jak de Priester, Leah, Jo Foster.


