top of page

STOEI

Stoei is voordelig vir enige ouderdom, dit ontwikkel natuurlike liggaamskrag, help leerders om hul liggaam te beheer, dit werk en bou aan sy self-dissipline asook vertroue en respek. Stoei kweek ‘n wilskrag wat skrik vir niks en leer leerders goeie uithouvermoë. Dit dien ook as ‘n fantastiese fondament vir enige ander sportsoort.

 

Ouderdomme: Die stoeiers word nie in ouderdomsgroepe verdeel nie maar wel in gewigsklasse verdeel. Stoei gee leerders die geleentheid om teen ouer en jonger maats te stoei maar in dieselfde gewigsklas.

 

Kwartale:

Stoei vind reg deur die jaar plaas met verskeie kompetisies waaraan leerders kan gaan deelneem.

 

Oefeninge/ Afrigting:

Ons tree in samewerking met die Centurion Warriors klub en hulle bied vir ons kinders afrigting en die geleentheid om onder die klub se naam te stoei en deel te neem.

 

Oefening vind by Centurion Warriors Wrestling Gymnasium in Ireland ave. & Edwards Rd. Eldoraigne, Ceturion, 0157 plaas.

Oefening is Maandae tot Donderdae. Beginners 17:00-18:00 en die gevorderde stoeiers  18:00-20:00. 

 

Kompetisies:

Die klub neem deel aan verskeie kompetisies:

Die Frank Joubert Ope

Ekurhuleni Ope

Abraham Geldenhuys Ope 

Sentraal gauteng Ope 

Beast of the East 

Centurion Warriors Ope en nog vele meer.

Ons leerders het ook die die Suid-Afrikaanse Jeug kampioenskappe waaraan hulle ook deelneem.

 

Prestasies:

Ons by die Suid-Afrikaanse Jeug-Kampioenskappe: 5 Goue medaljes; 6 Silver medaljes; 2 Brons medaljes verower. 

Organiseerder:

Franco van Dyk

francovd@wierdas.co.za

SURTU.jpg
JTRURTU.jpg
TYU.jpg
TUEUS6RTU.jpg
Picture5.png

Stoei is Lekker!

bottom of page