top of page

AKADEMIE

Onderwysbenadering
- Terugrapportering aan ouers:

Ouers word deurgaans op hoogte gehou van leerders se vordering deur ondermeer die volgende:

- Oueraande
- Verslae
- Insae in en ondertekening van leerders se skrifte en toetse
- 'n Portefeulje van eie werk
- Kommunikasie deur middel van huiswerkboekie
- Akademiese hulpverlening:

Hulp word weekliks verleen aan leerders wat probleme met sekere werk het. Remediërende klasse word ook aangebied vir leerders wat verdere hulp nodig het. Leerders wat ernstige leesprobleme ondervind, ontvang addisionele remediëring met behulp van 'n rekenaar-leesprogram. Daar word 2 studiemetodekursusse en 2 lees- en spelkursusse per jaar aangebied. Groot sukses word behaal met heronderrig en remediëring.

 

KURRIKULUM: 

Laerskool Wierdapark is baie gesteld op akademie.  Alle moontlike ondersteuning en hulpmiddels word gebruik om leerders maksimaal toe te rus.  Tutorklasse in Afrikaans, Engels en Wiskunde vir leerders van graad 4 – 7 word onder andere aangebied.  Die graad R – 3-leerders ontvang remediërende onderrig indien nodig.  Die gebruik van tegnologie is in elke klaskamer sigbaar met PowerPoint, Google Classroom, Wolkskool ens.  Dit vervang egter nie ons ervare en bekwame onderwyserskorps nie.  Daar is ook verskeie terapeute op die terrein ter ondersteuning.

Alhoewel ons genoodsaak was om ‘n hersiene kurrikulum in 2020/2021 te volg, het Laerskool Wierdapark nog steeds dit reggekry om die beste kwaliteit onderrig aan al ons leerders te lewer.  Ons is ook met reg trots daarop dat ons so vroeg as moontlik teruggekeer het na 100% skoolbywoning ten einde al ons leerders die geleentheid en die reg tot skoolopvoeding te bied.

 

WISKUNDE KLEINER KLASSE: 

Kleiner Wiskunde-klasse met die aanvang van ‘n nuwe fase (Intersenfase, gr. 4 en Seniorfase, gr. 7) se voordele spreek vanself.  Gedurende 2017 het ons die graad 7- leerders in kleiner klasse verdeel en gedurende 2018/2019 het ons ook die graad 4-leerders in kleiner klasse verdeel.   

·          Meer individuele aandag per kind

·          Minder druipelinge

·          Graad 4 gemiddeld         

2017:  72% (kw. 1);  68% (kw. 2) en 73% (kw. 3)

2018:  70,54% (kw. 1);  70,91% (kw. 2) en 74,61% (kw. 3) 

2019:  76,21% (kw. 1);  68,57% (kw. 2) en 79,52% (kw. 3) 

2020:  78,09% (kw. 1) en 79,63% (kw. 3)

2021:  83,51% (kw. 1);  76,85% (kw. 2) en 77,94% (kw. 3)

·          Graad 7 gemiddeld         

2017:  71% (kw. 1);  72% (kw. 2) en 75% (kw. 3)

2018:  69,9% (kw. 1); 70,84% (kw. 2) en 76,13% (kw. 3)

2019:  70,81% (kw. 1);  71,16% (kw. 2) en 76,59% (kw. 3)

2020:  72,93% (kw. 1) en 77,99% (kw. 3)

2021:  76,51% (kw. 1);  78,04% (kw. 2) en 77,26% (kw. 3)

 

GRAAD 4.png
GRAAD 5.png
GRAAD 7.png
GRAAD 6.png
Leer Is Lekker!
bottom of page