top of page

GHOLF

111.jpg
47681785_2220457931574914_2061868822188523520_n.jpg

Laerskool Wierdapark het gholf as 'n sport by die skool sedert 2008. 

Gholf is 'n individuele sportsoort wat mens kan beoefen en geniet tot op jou oudag. By die skool is dit ook 'n spansport. Die leerders hou daarvan om sosiaal te verkeer op die gholfbaan, en om oor sekere metodes en tegnieke te gesels. Gholf is baie opwindend vir elke leerder wat die geleentheid kry om te kan speel. 

Ons speel elke jaar oefenrondtes einde van die 3de kwartaal. Ons neem deel aan die GNGU (Gauteng Noord Gholf Unie) Laerskole Liga en uitspele van die distrikte,  wat in die 4de kwartaal plaasvind.

Ons neem ook deel saam al die groot Laerskole aan die Super 12 gholf. Ons het twee oop spanne wat aan die liga deelneem met vier leerders in 'n span volgens die GNGU se reëls.

Die spelers wat nie span haal nie, of nog te jonk is gaan vir lesse om sodoende ‘n beter gholfspeler te word.  

 

Oefeninge/ Afrigting: 

Ons leerders maak gebruik van privaat afrigting in 'n tyd wat die beste by hulle skedule inpas. Meeste van ons leerders kry hul afrigting by omliggende gholfbane.

 

Kompetisies en toernooie: 

Ons leerders neem deel aan die volgende: Ernie Els toernooi , Liga en die Super 12 reeks.

 

Proewe:

Ons skool maak gebruik van die “HNA Handicap” sisteem om sodoende die beste spelers van die skool te bepaal.

 

Prestasies:

  • Liga wenners. 1ste Gauteng-Noord IPS. Verteenwoordig GN by Interskole 

  • Gauteng-Noord IPS wenners. 1ste by Interskole, Super 12 Wenners en Ernie Els toernooi 2de plek.

  • Distrik-suid Liga wenners

Organiseerder
Philip Loots     

philipl@wierdas.co.za

image (1).png
Philip.jpg
bottom of page