ONS
BOU
MINI NETBAL
Sukses is die somtotaal van al die klein pogings bymekaar getel. Mininetbal is die fondasie van ons sukses in netbal.
Van Gr R af ontwikkel ons hul vaardigheid en skep ons al van jongs die liefde vir netbal.
Ouderdomme: Ons bied Mini Netbal aan vir al ons gr.R tot gr.2 dogters.
Die spanne word as volg gegroepeer: Gr R en Gr 1, Gr 2 A-D span en vaardigheidspan, Gr 3 A-D en vaardigheidspan.
Kwartale: Mini Netbal word aangebied vanaf Kwartaal 1,2 en einde Kwartaal 4.
Oefeninge/ Afrigting:
Ons gr. R en Gr 1 oefen in ‘n groot groep saam en fokus op vaardighede.
Geen wedstryde word gespeel nie slegs ‘n Interklas vir Gr 1 aan die einde van die seisoen.
Hulle oefen 2 keer ‘n week vir ‘n uur.
Ons gr. 2 en gr. 3 leerders oefen 3-4 keer ‘n week vir ‘n uur.
Hulle neem deel aan mininetbaltoernooie.
Daar is 4 toernooie waar die dogters 3 tot 4 wedstryde speel per toernooi.
Dogters speel nog nie vaste posisies nie en speel in ‘n rotasieformaat.
Prestasies: By Mininetbal word daar nie telling gehou nie en ons fokus op die ontwikkeling van die kind en blootstelling. Indien ons wel kon telling hou
tydens die toernooie sou ons definitief kon se dat ons by die Mininetbal triomfeer!