Algemeen

Klerebank
Klerebank tye:
Maandag – Vrydag : 07:00 – 09:00
Maandag tot Donderdag 12:00 – 14:00
Vrydag: 12:00 – 13:00
Ouers: Geen afspraak nodig.
Leerders help ons graag pouses en voorskool.
Hoe om jou bestelling te plaas?
Jy kan ‘n epos stuur
Jy kan jou bestelling by die Klerebank kom plaas
Bestellings kan op 2 maniere betaal word:
1. EFT – verwysing P303 + naam en van van kind.
2. D6 – Klerebank elektroniese bestelling, Verwysing P303 + Kind se naam en van.
- Geen kontant
- Slegs bankkaart
- Slegs 3 dae omruil periode word toegelaat.
Betaling bevestig bestelling, geen bestelling sal geplaas word sonder volle betaling nie.
Minimum getalle is van toepassing op alle bestellings.
Stuur asb bewys van betaling na Reneh@wierdas.co.za


Skakel om jou bestellings te plaas: https://forms.gle/eSdcv1iLCfZ8q6h99
d6Connect communicator
Gaan na www.school-communicator.com/downloads en kies die skool waarby u betrokke is.
STAP 2 Kies u bedryfstelsel.
STAP 3 Kies die “Save” opsie om die lêer op u rekenaar te stoor.
STAP 4 Sodra die lêer klaar afgelaai het, kliek “Run” in die opwipkieslys.
Alternatiewe metode: Kliek twee keer op die skoolwapen om die program te aktiveer.
STAP 5 Sodra u dit gedoen het, sal die “Setup wizard” op u rekenaarskerm verskyn. kliek op “Next”.
STAP 6 Bevestig dat u die bepalings en voorwaardes aanvaar deur die klein boksie te selekteer en kliek weer op “Next”.
STAP 7 Om die installasieproses te voltooi, kliek op “Finish”. Die SKOOL KOMMUNIKEERDER sal nou verskyn.
Wieriehuis naskool
Hier by Laerskool Wierdapark is dit vir ons belangrik dat elke BLINKOOGWIERIE tuis voel.
Daarom het ons ‘n veilige 2de huis in die middae vir ons leerders- die WIERIEHUIS.
Ons naskoolpersoneel se harte loop oor van liefde en omgee vir ons Wieries en ons personeel hanteer elke kind soos hul eie.
Ons besef alte goed dat ouers hardwerk deur die dag daarom is dit vir ons ‘n prioriteit om ons leerders se huiswerk gedoen te kry, sodat ouers in die aande kwaliteittyd saam hulle kinders kan spandeer.
Maak gerus kontak- Graad R en Graad 1: 067 853 7370
Graad 2 tot Graad 7 skakel: 067 853 2294
Stuur gerus ‘n e-pos na: naskool@wierdas.co.za
Skooldrag
Klereverskafers
*Maak-Pas Skooldrag 072 592 7990
*Wierdapark Uitrusters 012 654 9600
*Almega Valhalla 012 654 0172
*Marethas 012 660 1118

Skoolure
Die klok lui soggens om 07:25 vir GR. 1 – 7 sodat almal by die klasse kan aanmeld.
Aankoms:
Graad R – 07:00 – 07:45
Graad 1 – 7 – 07:00 – 07:25 (Voogperiode begin stiptelik om 07:30)
Uitkomtye:
Graad R – 13:00 (Ma. – Vry.)
Graad 1 en 2 – 13:15 (Ma. – Vry.)
Graad 3 – 13:30 (Ma. – Vry.)
Graad 4 – 7 – 13:50 (Ma. – Do.) en 13:30 (Vry.)
Leerders moet op die laatste 5 minute voor die aanvang van hul skooltyd by die skool wees. Skoolure kan aangepas word, byvoorbeeld op die dag wat die skool sluit vir vakansie