top of page

LAERSKOOL WIERDAPARK

  • Facebook
  • Instagram

Ons is ten volle verbind tot die verskaffing van dinamiese, moedertaalonderrig van uitnemende kwaliteit aan ons kinders binne ons gemeenskap, in vennootskap met ons ouers, deur middel van kostedoeltreffende benutting van alle hulpbronne en selfverwesenliking van al ons personeel.

 

Ons vaste oortuiging is om die leuse van ons skool, "ONS BOU", deel van elke leerder se lewe en wese te maak.

 

By Laerskool Wierdpark ontwikkel ons die kind se volle menswees. Die basis van onderrig is etiese waardes en normes en ons leer ons kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle talente en regte.

 

Ons skool beskik oor gehalte opvoeders en uitstekende fasiliteite om leerders se volle potensiaal te ontwikkel. In hierdie strewe vorm ons ouergemeenskap ‘n integrale deel van die opvoedingspan.

 

Hoë akademiese standaarde word altyd gehandhaaf met die hulp van hoogs bekwame en kundige personeel.

Word ‘n Wierie en wees deel van die GROEN KAMPIOEN!

Untitled design (45)_edited.jpg

#groenkampioen 

bottom of page