top of page

Graad R kampus

Ons graad R maats is die hartklop van Laerskool Wierdapark. Hier kan ons jong drome begin verwesenlik. Ons sien uit om vir byna 250 leerlinge per jaar onderrig te gee.

In GRAAD R bied ons die volgende:

 

‘n Opvoedkundige skoolgereedmakingsprogram, soos deur die Onderwysdepartement goedgekeur, word aangebied deur opgeleide leerkragte met deeglike kennis en ervaring op die gebied van vroeë kinderontwikkeling.

 

Sinvolle musiekklasse is deel van ons program en word deur ‘n gekwalifiseerde onderwyseres aangebied.

 

Die skool beskik oor ‘n goedtoegeruste rekenaarsentrum.  Die graad R-leerders kry geleentheid om met behulp van gekeurde programme basiese vaardighede aan te leer.  Hierdie klasse is gratis.

 

Skaak word tydens ons dagprogram aangebied. Skaak help met beplanning, probleemoplossing en is goed vir konsentrasie. Hierdie klasse is ook gratis.

 

Buite-instansies besoek die skool om aanbiedings te doen.  Dit sluit aan by ons leertemas en sodoende verryk ons die kind se ervaring en kennis.

 

Graad R-leerders is volwaardig deel van die skool.  Graad R-leerders neem voluit deel aan aktiwiteite soos atletiek, pretloop en ander interessante pretaksies.  Die graad R- en 1-atletiekaand is ook ‘n belangrike datum op ons kalender.

 

Deur die loop van die jaar is daar funksies eie aan graad R.  Ons “Oupa-en Ouma-dag” is baie spesiaal en ons groot konsert en gradeplegtigheid is jaarlikse hoogtepunte.

 

Vrywillige buitemuurse aktiwiteite word by die skool aangebied op tye wat inpas by die dagprogram.  Ouers is verantwoordelik vir hierdie fooie.

 

Die skool beskik oor ‘n uitgebreide snoepie.  Daar is gesonde kos soos: toebroodjies, vars skyfies, slaai en selfs ontbyt en middagete te koop.  Om die leerders te leer om met geld te werk, kry hulle een keer per week die geleentheid om snoepie toe te gaan.

 

Die ouer kinders bied Entrepreneursdae aan met alles en nog wat te koop.  Ons ondersteun hierdie dae graag, want oor ‘n jaar is ons graad R’e groot en staan hulle aan die verkoopkant van die tafeltjie.

GRAAD R

DAGPROGRAM

08:00 – 13:00

 

 

08:00           Aankoms en Oggendkontak

08:30           Vryspel

09:00           Klastyd

10:30           Broodjietyd

11:30           Vryspel buite / buitemuurse aktiwiteite

12:30           Afrikaans - klankie / storietyd

13:00           Huis toe / Naskool

Graad R Personeel
GrRPersoneel.jpg
Untitled design - 2021-12-17T091253_edited_edited_edited.jpg

#tuistevandieblinkoogkind

bottom of page