
|
Kliek op die beeld wat toepaslik is vir u rekenaarstelsel om die D6 Communicator sagteware vir Laesrskool Wierdapark af te laai. Kliek hier vir instruksies. Laerskool Wierdapark is tans besig om die "D6 Communicator" vir alle ouers en familie in ons skool te implementeer. Dit is ʼn addisionele kommunikasiestelsel wat inskakel by ons webwerf, om u op hoogte te hou van skoolaangeleenthede. Ons sal die kanaal gebruik om die weeklikse gebeure weer te gee. Skoolnuus en inligting sal hier beskikbaar wees. As u die program geïnstalleer het, sal die nuus regstreeks op u persoonlike rekenaar beskikbaar wees. Die nuutste nuus sal in die vorm van 'n “popup” verskyn Die installasie proses is vinnig en eenvoudig, en gebruik minimum bandwydte. Ons is ten volle verbind tot die verskaffing van dinamiese, Christelike moedertaalonderrig van uitnemende kwaliteit aan ons kinders binne ons gemeenskap, in vennootskap met ons ouers, deur middel van kostedoeltreffende benutting van alle hulpbronne en selfverwesenliking van al ons personeel.
Ons vaste oortuiging is om die leuse van ons skool, "ONS BOU", deel van elke leerder se lewe en wese te maak. By Laerskool Wierdpark ontwikkel ons die kind se volle menswees. Die basis van onderrig is Christelike waardes en ons leer ons kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle talente en regte. Ons skool beskik oor gehalte opvoeders en uitstekende fasiliteite om leerders se volle potensiaal te ontwikkel. In hierdie strewe vorm ons ouergemeenskap ‘n integrale deel van die opvoedingspan. Hoë akademiese standaarde word altyd gehandhaaf met die hulp van hoogs bekwame en kundige personeel. Word ‘n Wierie en wees deel van die GROEN KAMPIOEN! |
Please wait...






